Gholf
-
Gholf word sedert 1973 as skoolsport by
Affies beoefen.
· Affies neem deel aan die verskeie ligas en toernooie wat deur die Gauteng-Noord Hoërskole Gholfvereniging aangebied word.
· Affies bied jaarliks 'n Gholftoernooi aan waarin 12 uitsoekskole deelneem. Die toernooi word op 4 verskillende bane gespeel en is 'n gerekende toernooi in SA.
· Affies word jaarliks na die “St John’s Golf Tournament” genooi wat op Sun City plaasvind.
· Verskeie Affie-spanne speel jaarliks in die kragmetings teen Grey Kollege, Maritzburg College en Glenwood.
· Affies het elke jaar hul eie Gholfkampioenskappe.
· Daar is jaarliks gholftoere en naweekuitstappies.
GHOLFPRESTASIES
· 41 Spelers het reeds hul provinsiale kleure op skolevlak verwerf.
· Affies se eerstespan wen die afgelope 4 jaar die Voorsitterstrofeë (somerliga) van die GNHGV.
· Sedert 2001 het Affies se eerstespan sewe keer in die finaal van die Gauteng-Noord liga gespeel – hulle wen 4 keer.
OUD-AFFIES
· 7 Oud-Affies het SA reeds op die gholfbaan verteenwoordig.
· 2 Oud-Affies is tans onder die Top 10 Amateurs in SA.
· 6 Oud-Affies is tans professionele gholfspelers op die Sonskynreeks sowel as in Europa.
