Hokkie
Hokkie by Affies is tans kerngesond en groei jaarliks.
- Ongeveer 200 seuns speel hokkie. Daar is tans vier senior spanne, vier o/16-spanne en vier o/14-spanne. In totaal speel al die spanne saam 178 wedstryde, ‘n gemiddeld van 15 wedstryde per span.
- Affies speel tans in drie plaaslike ligas en reis die land vol om derbies (interskolewedstryde) teen skole soos Grey Kollege, Maritzburg College, Glenwood High School, Pretoria Boys' High School en St. Alban's te speel.
- Ons is bevoorreg om die enigste Afrikaansmedium skool te wees wat na die Founders Festival vir eerste spanne uitgenooi word - ‘n toernooi met ‘n roemryke tradisie wat reeds 31 jaar bestaan.
- Om spelers die geleentheid te gee om teen die beste spanne moontlik mee te ding, toer die eerste span na Durban en woon die KES–toernooi in Johannesburg by. Die tweede span toer na Kearsney College se Eerste Span Feestoernooi, die o/16’s toer Kaap toe en die o/14’s neem aan St Albans se o/15 toernooi deel.
- Alle A- en B-spanne oefen op die astro.
- Om die beste afrigting te bied, het elke span 2 afrigters. Ons maak gebruik van 5 onderwysers en 16 bekwame buite-afrigters.
- Die doelwagters kry twee keer per week spesialisafrigting.
- In 2011 het ons 13 provinsiale spelers opgelewer waarvan daar 4 junior spelers en 9 seniors Noord-Gauteng op verskeie interprovinsiale toernooie verteenwoordig het.
- Om die astro maksimaal te benut, is daar in Juliemaand ‘n feestoernooi vir laerskole, asook afrigtingskursusse in Augustus.
- Affies bied elke jaar ‘n afrigtingskursus/spanbounaweek vir belowende gr.8-spelers aan.
- Ons het ‘n hokkiegimnasium en saam met die skool se biokinetikus word daar gesorg dat die seuns se kondisionering van hoogstaande gehalte is en bly.
- Om te verseker dat Affies se spelers voortdurend ontwikkel, word daar twee maal per week vanaf Augustus tot November (afseisoen) en ook van Januarie tot Maart (voorseisoen) spesialisafrigting vir alle spelers aangebied.
- Affie-hokkie se missie is om binne die volgende drie jaar as een van die top vyf hokkieskole in die land bekend te staan.
