Krieket

1. Geskiedenis

AHS het relatief laat tot die kriekettoneel toegetree - die eerste amptelike krieketspan is eers in 1952 gekies as gevolg van ‘n gebrek aan sportvelde, maar die skool het baie vinnig sy stempel op Pretoria se skolekrieket afgedruk. In 1953 lewer Affies die eerste Afrikaanssprekende krieketspeler vir die Noord-Oos Transvaalse Nuffieldspan op. Sedert die sestigerjare lewer die skool ‘n groot bydrae tot die Noord-Transvaalse skole- en provinsiale krieket en in 1992 begin die skool teen die sterkste seunskole in Suid-Afrika mee te ding. Jacques Rudolph (2001), AB de Villiers (2004), Heino Kuhn(2009) en Faf du Plessis (2011) is Proteas wat die skool reeds opgelewer het.  Neil Wagner (2012) en Kruger van Wyk (2012) het beide vir Nieu-Seeland toetskrieket gespeel.

AB vier nog 'n honderdtal!

2. Fasiliteite

Affies het 13 oefennette waarvan 6 toegerus is met spreiligte. Daar is twee krieketvelde op die skoolterrein, waarvan die B-veld ook gebruik word vir dag/aand krieket. Daar is ook twee
krieketvelde by Pretoria Rugbyklub wat deur die skool gebruik en onderhou word.

In die laaste drie jaar is twee van die blaaie op die A-veld uitgehaal en vervang met nuwe
blaaie.



Spanne / Ligas

Affies speel elke jaar met 18 spanne in verskeie ligas.

Eerste kwartaal

Affies speel in die Johannesburg-liga teen die tradisionele seunskole, asook die Northerns liga in Pretoria. Spanne wat deelneem is:

- Ope spanne - 1 - 4

- o/16 spanne - A - C

- o/15 spanne - A - E

- o/14 spanne - A - E (Daar is F en G spanne wat ook in vriendskaplike wedstryde speel)

Derde kwartaal / Vierde kwartaal

Affies speel in die Northerns-liga met al hul spanne in die derde kwartaal, en weer in die Johannesburg-liga in die vierde kwartaal

- Ope spanne - 1 - 6

- o/15 spanne - A - E

- o/14 spanne - A - E (Daar is ook wedstryde vir F en G spanne Affies speel oor die 300 wedstryde per jaar tussen hierdie spanne.

3. Toere / Feeste

Verskeie toere vind elke jaar plaas waarin ons seuns die geleentheid kry om teen van die sterkste skole in die land deel te neem.

Eerste Kwartaal

Die 1ste span speel Januarie voor die skole heropen in die Grey-fees. 2011 vind plaas by Grey High in Port Elizabeth.

Om die 1ste kwartaal af te sluit toer die 1ste, 2de en o/14A en 15A spanne na Paul Roos, waar hulle speel teen Wynberg Boys, Paul Roos en Rondebosch Boys.

Derde kwartaal

Die 1ste span speel jaarliks in die St. Davids Pro 20 Fees. Hierdie Fees word ook op Supersport gebeeldsaai. Affies word aangewys as beste span in 2008 op hierdie fees.

In September speel al die A-spanne in feeste regoor die land. By hierdie feeste speel slegs die tradisionele seunskole teen mekaar. Die volgende feeste vind jaarliks plaas:

- Michaelmas Fees(1ste Span): Word aangebied deur Maritzburg College.

- Grey P.E Fees(o/15A): Word aangebied deur Grey P.E.

- Charl van Rooyen Fees(o/14A): Word elke jaar by ‘n ander skool aangebied.

In die derde kwartaal toer Paul Roos na Affies.

4. Afrigters

Affies is een van die min skole wat genoeg mans personeel het om by al die spanne af te rig, alhoewel ons ook van gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik maak.

Daar is ook nie baie skole in die land wat drie VLAK 3 afrigters voltyds in diens het nie:

Mnr. Deon Botes(VLAK 3, 2003)

Mnr Botes is die kriekethoof van Affies, en rig die 1ste span af sedert 1999. Hy was ook die afrigter van die Northerns o/17 provinsiale span vanaf 2000 tot 2003. Hy is reeds sedert 2012 'n SA Skole - en SA onder 19-keurder.

Mnr. Pieter Cronje (VLAK 3,1998)

Mnr. Cronje rig saam met Mnr. Botes Affies se 1ste span af. Hy was ook afrigter van die Northerns o/13, sowel as die o/15 provinsiale spanne vanaf 1998 tot 2006. Hy dien tans ook as keurder vir die Northerns o/15 provinsiale span, Mnr Cronje is ook een van die sportorganiseerders by Affies.

Mnr Leon Jonker (VLAK 3, 2004)

Mnr Jonker is afrigter by Affies se o/14 en o/15 spanne. Hy is huidiglik ook die afrigter van die Northerns o/15 provinsiale span. Mnr Jonker is ook die krieketorganiseerder by Affies.

5. Kleredrag

Dit is uiters noodsaaklik dat seuns teen alle tye eenvormig lyk:

Oefening / Opwarming

- Wit Affie T-Hemp (beskikbaar in klerebank)

- Groen Affie kortbroek (beskikbaar in klerebank)

- Groen Affie krieketpet (beskikbaar in klerebank)

- Wit kouse en oefenskoene

Wedstryde

- Wit Affie kriekethemp (beskikbaar in klerebank)

- Wit krieket langbroek

- Groen Affie pet (beskikbaar in klerebank)

- Krieketkouse met krieketskoene

- Skoolbaadjie

6. Bepalings

Die 2014 bepalings sal geplaas word sodra dit beskikbaar is.

Vir verdere inligting oor krieket by Affies, raadpleeg www.affieskrieket.co.za

Kennisgewings

Dinsdag, 2 Sep, 2014

Krieketuitslae: 26 - 30 Augustus

Die volledige uitslae van ....
Lees meer

Vrydag, 29 Aug, 2014

Krieketbepalings: 1-6 September

Die volledige bepalings van krieketwedstryde ...
Lees meer

Donderdag, 28 Aug, 2014

Lentekonsert

Sien meegaande uitnodiging ....
Lees meer

Kalender

Woensdag, 3 Sep, 2014

05 Sep Musiek Lentekonsert
06 Sep - 07 Sep Affieraad (2014/2015) Kamp
09 Sep Affieraad Inhuldiging
 
Vol Kalender »