Landloop
Affies is bevoorreg om deel te wees van net `n handjievol skole met `n volledige landloopprogram.
Tydens die tweede kwartaal neem ons deel aan die Johannesburg landloopliga, waarvan die byeenkomste op Woensdagmiddae plaasvind. Hierdie liga is uitstekende voorbereiding vir die Pretoria liga, wat plaasvind op Maandagmiddae in die derde kwartaal, en waar strawwe kompetisie op ons wag. Hierdie liga bestaan uit vyf byeenkomste, asook `n aflosbyeenkoms.
Indien `n leerder in drie ligawedlope presteer kry hy geleentheid om te kwalifiseer vir die Gauteng- Noord kampioenskappe. In 2011 het drie van ons atlete Gauteng-Noord klere ontvang, en twee atlete het ons skool verteenwoordig op nasionale vlak.
Jaarliks word ook kragte gemeet teen Grey-kollege, waar ons verlede jaar met slegs een punt as wenners uit die stryd getree het.
Junior atlete se wedlope is 4km, terwyl seniors 6km aflê. Atlete, en seuns wat wil werk aan hulle fiksheid of hou daarvan om aktief te wees word uitgenooi om deel te wees van Affies se groep langasems.
