Rugby

Affies word met reg as een van top rugbyskole in die land beskou, (gemeet aan prestasies van 30 spanne en jaarlikse gradering van eerstespan).  

Die skool beskik oor die beste rekord van alle skole in die Noord-Vaal gebied, en spog onder andere met die volgende prestasies:

Wen Direkteurs/Beeldtrofee meer as enige skool - 18 keer.

Oorheers Noord-Gauteng skolerugby vir dekades. Eerstespan wen die trofee `n rekord 26 keer.

Eerstespan wen Blou Bulle finaal 10 jaar agtereenvolgens (1993 tot 2002) - totaal van 26 keer.

Wen Super 16 meer kere as enige ander skool - 5 maal uit 8 pogings.

Affies het reeds agt Springbokke, 3 SA A spelers, 21 SA Skole spelers, 18 SA Akademie spelers, 18 SA o/19 spelers, 24 SA 0/20 - o/23 spelers en 273 Cravenweekspelers opgelewer.

Die Springbokke is Louis Schmidt, Tony Roux, Pierre Edwards (huidige skoolhoof), Grant Esterhuizen, Fourie du Preez, Wynand Olivier, Pierre Spies en Dean Greyling. 

Affie lewer ook 8 S A Sewes spelers.

Verskeie oud-Affie spelers neem elke jaar aan die Super Rugbyreeks (ou Super 14) deel.

Elke span speel tussen 10 -25 wedstryde per jaar.

Jaarliks word daar teen top rugbyskole in Suid-Afrika gespeel.

Die skool se rugbyspanne neem in 2012 aan die volgende toernooie deel:

Eerstespan - Kearsney College (KZN) en die Wildeklawertoernooi in Kimberley; 

Derde/Vierde span - Vryheid;

o/16 A - Span - Paarl Gimnasium

o/16 C en D-spanne - Sundown Ranch

o/15 A - Span - Francois Swart - Affies

o/15C- en D-spanne - Sundown Ranch

o/14 A - Span - Kwagga-toernooi, Outeniqua H/S (George)

o/14 C-en D-spanne - Sundown Ranch

AFFIE RUGBY – HET JY GEWEET?

1920 - Die rugbyvoetbalklub van Affies word op 4 Mei gestig 

1921,22 & 23 – 'n Paar onderwysers speel vir die 1e Span.

1923 – AHS speel vir die eerste keer teen Pretoria Boys High en Monument.

1926 – AHS speel vir die eerste keer teen Ermelo.

1929 – Die eerste spelers van AHS word vir 'n provinsiale span gekies naamlik die TVL 0/19's.

1935 – AHS speel vir die eerste keer teen Dale College

1936 – Jimmy White en Apie de Vliiers is die eerste Oud Affies wat vir die NTvl senioir span speel in 1941.

1920’s & 30’s – Heelwat wedstryde word in die beginjare teen Klubspanne soos Tukkies, Pretoria, Harlequins, Polisie, Spoorweë, Garnisoen, Bereapark, Weermag, ens. gespeel.

1940 - Eerste N.Tvl skool wat na die stigting van die NTRU in 1938 die Admin. Beker wen teen Ventersdorp, telling 21 – 6.

1940 – Slang Malan speel sy vyfde jaar vir die 1e span en drie jaar daarvan is hy ook die kaptein.

1943 – Vir die 1943 eerste span was daar geen foto in die Jaarblad nie maar slegs ’n fotostaat van die foto wat nie baie duidelik is nie en met geen name nie. Hein Du Toit (Matriek 1943) en Flip Olivier (1e Span 1943/44) het gehelp om die name van die 1943 span te identifiseer met behulp van hulle kontakte, die matriekfoto van 1943 en 1e Span foto’s van 1942 en 1944.

1944 – AHS verloor op omstrede wyse in die finaal van die Admin Beker teen Heidelberg Volkskool, telling 3 – 6.

1946 – Stickles Redelinghuys rig vir die laaste jaar die 1e span af. In totaal was hy 11 jaar betrokke as afrigter.

1946 – AHS speel vir die eerste keer teen Paul Roos Gimnasium.

1946 – Daniel Kirstein wat later ’n huishoudelike naam geword het op die SAUK Radio het vir die 45 en 46 1e Span gespeel.

1946 – P Terblanche en P Bezuidenhout is die eerste 1e Span spelers wat vir die NTvl skole speel.

1947 – Twee O/15’s speel vir die 1e Span teen Boys High.

1947 – AHS speel vir die eerste keer teen Paarl Boys High.

1950 – AHS speel vir die eerste keer teen HTS Middelburg.

1950 – Oscar Haarhoof is die 1e Oud Affie wat vir ’n SA Nasionale Rugby Span (Junior Springbokke) gekies word.

1952 – Die 1e Span speel vir die eerste keer in die huidige wit trui.

1952 – AHS speel vir die eerste keer teen Paul Roos Gymnasium.

1953 – AHS speel vir die eerste keer teen Grey College.

1953 – Tydens die 1e Span wedstryd teen Nylstroom op Nylstroom sak die skeidregter (Hoof van die Skool Mnr Whiteman) inmekaar en sterf aan 'n hartaanval.

1958 – Dr GJ(Gert) Potgieter(hoof) word verkies as President van die NTRU en hy beklee die posisie tot en met 1965. Gedurende die tydperk was hy ook die Adjunk President van die Suid Afrikaanse Rugbyraad.

1958 – Louis Schmidt word die eerste speler van AHS om vir die Springbokke gekies te word.

1964 – In 1964 was daar geen 0/16 span gewees nie. Dit was na aanleiding van die afstigting van Menlopark Hoërskool in 1962.

1964 – Die afrigter Boet Vorster se seun Willem speel ook vir die 1e span.

1964 – AHS speel vir die eerste keer teen Grey High PE.

1965 – AHS speel vir die eerste keer teen Menlopark

1967 – AHS speel vir die eerste keer teen Paarl Gimnasium.

1968 – Riaan Nel wat huidiglik vir die SAUK rapporteer uit Switserland speel vir die 1968 1e Span.

1969 – Tonie Roux word AHS se 2e Sprinbok rugby speler.

1970 – AHS speel vir die eerste keer teen Nelspruit.

1970 – 1e Span wen die Admin. Beker vir die 1e keer sedert 1957. Dr P Edwards(Skoolhoof) was in die span.

1971 – Eric Nobbs die akteur speel vir die 1971 1e Span agsteman.

1971 – Nick van Rensburg speel vir elke oop span in die skool. Hy begin by die 8ste span en eindig in die 1e Span.

1972 – Marcel Raath(Katvoet) druk die wen drie met die semi finaal teen Tom Naude.

1974 – Tydens die 1e span wedstryd teen Grey College word ’n speler van albei spanne van die veld gestuur na ’n woeste geveg tydens die wedstryd. Dit het tot gevolg dat die jaarlikse kragmeting teen Grey gestop word en speel die 1e span eers in 1992 weer teen Grey.

1975 – Phil Pretorius speel vir die 1e span en is later een van die top afrigters in SA.

1978 - 1e Wedstryd word teen ‘n oorsese span gespeel - St. Johns van Argentinië.

1979 – Louis en Johan Hattingh( tweeling broers) is onderskeidelik Kaptein en Onder-Kaptein van die 1e Span.

1980 – Pierre Edwards word AHS se 3e Springbok rugby speler.

1981 – AHS speel teen Grey met al die spanne buiten die 1e span wat ‘n Adminbeker wedstryd gespeel het op dieselfde dag.

1984 – Christo Potgieter druk die wen drie in die laaste minuut van die kwarteind van die NTvL uitspeel teen Menlopark.

1984 – Henry Kelbrick en Tobie Le Cornu is die eerste Oud Affies wat in die Super 10/14 reeks speel vir N.Tvl in 1993.

1987 – AHS speel vir die eerste keer teen Waterkloof.

1989 – Die 0/15 span wen die Direkteurs Trofee vir die eerste keer teen Monument.

1988 - Cobus Wessels die Asst. Skeidsregter met die 2009 Super 14 Finaal is ’n Oud Affie en het in 1988 vir die 1e Span gespeel.

1990 – Christo Potgieter word die eerste en enigste Affie tot op datum wat drie jaar aan die Craven Week deelneem.

1991 – Bennie Botes is die eerste Affie wat gekies word om vir die SA Skole span te speel.

1992 – AHS en Grey se 1e spanne speel vir die 1ste keer weer teen mekaar sedert 1974.

1993 – 1e Span wen teen Waterkloof 75 – 6

1994 – AHS wen die Admin Beker weer sedert 1985 teen Pieresburg. Victor Matfield was in die span van Pietersburg.

1995 – Speel vir die 1e keer in ’n Paasnaweek toernooi by St Stithians College.

1995 – Paul Rothman medeaanbieder van Pasela op SABC 2 speel vir die 1994 & 1995 1e Span.

1996 – AHS se 1e Span klop vir die eerste keer vir Grey College, 25 - 3.

1996 – AHS neem vir die laaste jaar aan die N.TvL skole rugbyliga deel. 

1996 –Erich Small doen 'n besering op in 'n 0/16wedstryd teen Boys High wat tot gevolg het dat hypermanent in sy onderlyf verlam is.

1996 –NicolaasAlbertsdruk32 drieë watdie meeste isdeur 'n 1e Span spelerin 'n seisoen.

1996 –AHSspeel vir die eerstekeer teen MaritzburgCollege.

1996 –1e Span dinee word vir die 1e keer gehou in dieskoolsaalen sederdien elke jaar.

1996 –5 Spelers van die 1996 span speel saam in die1998 en 1999, SA 0/20 en 0/21 span.(Sarel Eloff, Eugene Marx, Johan Roets, SkipperBadenhorts,EduardCoetzee). Die SA 0/21 span is die SAspan wat die eerste keer die wêreldbeker vir 0/21’s wen. 

1996 –NicolaasAlbertsword ’n „Cambridge Blue"indiejaar 2002 deur vir Cambridge se 1e Rugby en KrieketSpan te speel en Cambridge ook te verteenwoordig op die atletiekveld.

1997 –Toer oorsee vir die 1e keeren wel na Groot Brittanje.

1997–Tiaan Snyman teken 339 punte aan, die meeste nog in ‘n seisoen.

1997 –Die Beeld Trofee finaa lword lewendig oorRadio Pretoria uitgesaai.Die 1e en enigste keer wat sodanige wedstryd oor die radio uitgesaai word.

1997 –Andre Watson was die skeidsregter in die finaal gewees.

1997 –Die wedstryd teen Boys High is die 1e wedstryd van AHS wat lewendig op TV(SABC)uitgesaai word.Brian Liebenberg wat later vir Frankryk speel was BH se losskakel en Kaptein.

1997 –Retief Burger, die Gospelsanger wat saam met Angus Buchan optree, het vir die1997 1e Span gespeel.

1998 –Die 1e Span word vir die eerste keer formeel geborg. Die borg (Mr Price) se logo verskyn op die 1eSpan trui.

1998 –Die Witbul (Maskot) maak sy eerste verskyning met die tuiswedstryd teen Waterkloof.

1998–AHS wen vir die eerste keer meer wedstryde as Grey in hulle jaarlikse kragmeting.

1998 –Na afloop van die Cravenweek isTiaan Snyman aangewys as die speler van die week.

1999 –AHS se 1e Span wen die Beeldtrofee vir die sesde jaar in 'n ry.

1999 –Nicol Knoetze speel 69 wedstryde vir die 1eSpan vanaf 1997 –1999.

2000–AHS word die eerste skool wat die wenners is van die Blou Bul finaal vir die 1e, 0/16, 0/15 en 0/14spanne.

2000 –AHS het11 spelers in die Blou Bul Cravenweekspan, die meeste nog deur een skool tot en met 2010.

2000 –Grant Esterhuizen word AHS se 4e Springbok rugbyspeler.

2001 –Die 0/16A span behaal die 7e plek tydens die Super 16 maar wen die finaal van die Beeld Trofee.

2001–Die 1e Span speel vir die 50ste jaar in die wit trui.

2002 -Die 1e Span wen die Blou Bul Finaal vir die 10e jaar in ’n ry.

2002 –Steven Botha(2000 -2002) het die meeste drieë nog vir die 1e span gedruk, naamlik 49.

2002 –AB de Villiers, SA Protea krieketspeler, speel vir die 1e Span losskakel.

2002 –Derick Kuün was die Kaptein van die Southern Kings wat teen die Britse en Ierse Leeus in PE gespeel hetin 2009.

2002 –Heino Kuhn en AB de Villiers speel en kolf saam vir die Proteas in die Pro 20 wedstryd teen Engeland op Centurion Park in 2009, net soos hulle saamgespeel het as losskakel en skrumskakel vir die 2002 1e rugbyspan.

2003–Die 1e Span wen die Super Twaalf-trofee vir die 5e jaar in ‘n ry.

2003 –Die 0/16A span wen die Beeldtrofee die 5e jaar in ‘n ry.

2004 –Sakkie v/d Walt en Carel Kriek is vir 10 jaar in ’n ry saam die 1e Spanafrigters.

2004 –Die FrancoisSwart 0/15 rugbyweek word virdie eerste keer te AHS aangebied.

2004 –Fourie Du Preez word AHS se 5e Springbok rugbyspeler.

2004 –Die 1e Span wen die Blou Bul Finaal virdie 27ste keer sedert 1940

2004 –Gerrie Odendaal word die 11 de Oud Affie watSuper 14 rugby speel in 2009. Speel as plaasvervanger flanki n plaas van synormale posisie as skrumskakelvirdie Cheetahs.

2005 –AHS wen slegs die tweede keer teen Grey en wel in Bloemfontein met Grey se 150 jarige bestaansvieringe.Telling27 –20.

2006 -Teen GreyCollege gebeur die volgende met Herman van Dyk:

•Hyspeel vir die3e span na ‘n besering.

•Hy is reserwe vir die 2e span en speel as reserwe vir die 2e span.

•Die afrigters behou hom as reserwe vir die 1e span en hy speel ook vir die 1e span as reserwe.

2006 - Sedert 1996 is dit die 8 ste jaar wat AHS vier spanne het in die Blou Bulle finaal.

2006 –AHS het 4 spanne in die Beeldtrofee finaal. Die1e skool wat dit regkry sedert die ontstaan van die kompetisie.

2006–1e Span wen die Beeldfinaal teen Waterkloof nadat hulle die Blou Bulle Finaal en die Super 16 finaal verloor met’n rekord telling teen Waterkloof.

2006 –Wynand Olivier en Pierre Spies word AHS se 6e en 7e Sprinbok rugbyspelers onderskeidelik.

2007 –AHS saam met die Blou Bulle skole (Buiten Waterkloof) besluit om vir die derde keer in die geskiedenis nie aan die Admin/Direkteurs/Beeld Trofee deel te neem nie.

2007 –Speel vir die 1e keer teen PaulRoos en Glenwood met al ons spanne.

2008 –Die Hoërskole Cravenweek word op AHS aangebied en is ’n reuse sukses.

2008 –1e Span speel die minste wedstryde sedert 1990 naamlik 14.

2009 –46 Oud Affies speel vir 0/19 provinsiale spanne en hoër. Die meeste in een jaar sedertstatistiek in 2005gehou word.

2010 –Pepler Stander is die Hoofseun en 1e Spankaptein.Die 1e keer sedert 1989 toe JL Pretorius die Kaptein en Hoofseun was.

2010 –Sakkie van der Walt is afrigter van die 1e Span vir die 13e keer en sy seun Léan speel vir die 1e span teen EG Jansen.

2010 –7 Oud Affies speel in die Super 14 Finaal van 2010.

2010 –AHS het vir die 1e keer 3 spelers in die SASkolespan.

2010 –50 Oud Affies speel vir 0/19 provinsiale spanne en hoër.Die meeste in een jaar sedert statistiek in 2005 gehou word.

2011 –Dean Greyling wordAffies se 8ste Springbok rugbyspeler

2011–Die Laerskole Cravenweek word by AHS aangebied

2011-Affies speel vir die 1e keer 2 keer in een jaar teen Maritzburg College.

2011 -Die 1e span trui verander.Dit is kraagloos en die kortmou is korter met geen wit gedeelte na die strepe nie.

 

Klik hier vir die geskiedenis en statistiek van Affie-rugby.

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »