Skaak

Sewe jaar in n ry!

 

Die September vakansie het Affies se Eerste Skaakspan ‘n besondere mylpaal behaal. In Bloemfontein het hulle teen die beste skole en spelers in die land gaan meeding om die Nasionale kampioenskap en vir die sewende agtereenvolgende jaar het hulle met die titel weggestap. Alhoewel hierdie prestasie nie die publisiteit geniet van Lance Amstrong se sewe in die Tour de France nie, is dit nie minder merkwaardig nie. Vir ‘n skool om te doen wat hierdie ouens gedoen het, is ongehoord.

Die toernooi is beslis oor sewe rondtes, met genoeg drama en spanning om spanbestuurders grys hare te gee. Met uitstekende spel was die laaste rondte egter bloot net ‘n formaliteit.

Wat vir my egter uitstaan bo die uitslag, is die gees en onberispelike gedrag van al die Affies. Jy weet daar is iets anders aan hierdie groep ouens as elke ander skool tussen rondtes hard besig is om voor te berei en die Affies se eerste reaksie is om te soek na die rugbybal. Ek weet nie van ‘n ander plek waar ouens 11 uur die aand in stikdonker touchrugby probeer speel nie!

Om die besondere gees in die span op te som: een van ons spelers het voor die aanvang van die eerste rondte siek geraak en het nie ‘n enkele rondte gespeel nie, maar ten spyte van die geleentheid om vroeër terug te kom Pretoria toe, het hy gekies om by die span te bly. Dit wys karakter! Ten slotte: veral aan die matrieks wie se laaste toernooi hierdie was, dit was ‘n voorreg om deel te wees van hierdie span en ons het waardering vir die gesindheid waarin julle Affies-skaak gedra het.

 

D4-Liga en uitspele

 

Die Eerste span, 017- en 0/15-spanne het elk hul ligas gewen. Die Eerste en Tweede span het na die D4-uitspele wat by Waterkloof plaasgevind deurgedring waar die Eerste span teen Waterkloof gewen het.

 

Gauteng Top Skole 22 Augustus 2009 te Midrand

 

Die eerste twee plekke in elke afdeling het na die Gauteng Top Skole Kampioenskappe in Midrand deurgedring. Hier het die onder 17 A span ongelukkig vasgebrand, maar die onder 15 A span is wel deur na die SA Topskole. Die Eerste span is deur as verdedigende kampioene van die SA topskole.

 

Ontwikkelingsliga

 

Ontwikkelingsliga is beginnerskaak - hier speel enige iemand wat wil, kan en nie heeltemal weet wat aangaan nie. Vir baie manne is dit die plek om meisies te ontmoet!

 

Provinsiale Prestasies

 

Jacques Stander (Eerste Span) wen die SA Junior Ope toernooi

Tiaan Coetzee (Eerste Span) behaal ‘n 2de plek by die SA Close (uitnodigingstoernooi)

Jacques Stander en Tiaan Coetzee word gekies om ons land te verteenwoordig by die World Youth Championships in Griekeland en hul ontvang beide hul Springbokkleure.

Jan-Toit Venter, Jacques Stander word gekies as lede van die Gauteng Noord onder 18 A span.

Tiaan Coetzee word gekies as lid van die Mid- Gauteng onder 20 A span.

Petri Oosthuizen word gekies as lid van die Mid-Gauteng onder 18 A span.

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »