Swem
Swem by Affies presteer jaarliks puik danksy die sterk kompetisie waaraan ons blootgestel word.
Ons spog onder andere met die volgende:
Een van die sterkste Afrikaanse swemskole in die land
Verhitte swembad
'n Uiters bekwame afrigter, Me Laura Postma (Klub Diadora) en Fedinand Postma
Oefentye: Maandag tot Donderdag
Swem in 3 liga's, naamlik die Pretoria A-liga (A-span), die Pretoria B-liga (B-span) en die Johannesburgliga (A- en B-spanne).
In 2008 het ons die volgende bereik:
Wen Interhoër A liga!
Vier swemmers verwerf Gauteng-kleure
Neem aan 9 gala's deel en behaal ‘n gemiddelde tweede plek.
In 2009 het ons die volgende hoogtepunte beleef:
Tweede - Interhoër A liga
Vyf swemmers verwerf Gauteng-kleure
Neem aan 9 gala's deel en behaal ‘n gemiddelde tweede plek.
In 2010 het ons die volgende bereik:
Tweede - Interhoër A liga
Vyf swemmers verwerf Gauteng-kleure
Een swemmer is opgeneem in die Suid-Afrikaanse junior oefen groep
Neem aan 9 gala's deel en behaal ‘n gemiddelde tweede plek.
In 2011 het ons die volgende hoogtepunte beleef:
Die swemjaar het uitstekend afgeskop in die eerste kwartaal met baie entoesiasme en opgewondenheid. Die A-span het elke Woensdag deelgeneem aan die Johannesburg A-liga waar die seuns uitstekend presteer het met `n hele paar tweede en derde plekke in die spankompetisie.Die B-span het elke Donderdag deelgeneem aandie Pretoria A/B Liga en hier het die seuns ook die Affienaam hoog gehou. Dit moet onthou word dat die seuns teen ander skole in Pretoria se A-spanne moes deelneem.Die drie groot kompetisies van die jaar is die Pretoria A-Interhoёr, Johannesburg A-Interhoёr en dan Johannesburg se A-Interhoёr Aflosbyeenkoms By dié kompetisies het die seuns wonderlike prestasies behaal met `n paar rekords wat gespat het.Die grootste hoogtepunt was natuurlik dat AHS in die Pretoria A-liga gesamentlik eerste met Pretoria Boys` High geeďndig het en dus die beker met hulle moes deel. In die Johannesburg-liga het AHS se span derde geeďndig na Pretoria Boys` High en St David`s van Johannesburg, `n skool wat bekend is vir hulle uitstekende swemmers.Agt van AHS se swemmers het deelgeneem by die vlak 3 kampioenskappe en 5 by die Jeug/Senior Nasionale kampioenskappe wat in Durban en PE plaas gevind het.Die seuns het wonderlik presteer met almal wat persoonlike beste tye geswem het en baie medaljes teruggebring het.By die vlak 3 kampioenskappe het die seuns 8 Goue medaljes gewen met Divan du Piesanie wat uitgeblink het met 5 goues en Ryan Coetsee wat 3 goue medaljes ingeoes het.
By die Jeug/Senior Nasionale Kampioenskappe het 5 van AHS se seuns deelgeneem en teen die vinnigste mans in SA hul “Affie guts” gewys.Dit was n ongelooflike vinnige kompetisie, maar die seuns het hulself goed gehandhaaf. Al die seuns het weer eens persoonlike beste tye geswem en weer eens het Ryan Coetsee uitgeblink met n silwermedalje in die 50m vlinderslag.Jannes Antha het ook n finaal gehaal wat ‘n wonderlike prestasie is en ons verwag nog groot dinge van hom in sy matriekjaar.Die swem begin weer in die 4de kwartaal waar die seuns net in die Pretoria-liga gaan deelneem en ons as afrigters en onderwysers sien uit om weer die seuns in aksie te sien.Die swem by AHS lyk baie goed vir die toekoms en met harde oefening en "Affie guts" gaan die span nog baie meer goeie resultate behaal.
