Leesverbetering

In die strewe na akademiese uitnemendheid ondersteun die Afrikaanse Hoër Seunskool sy leerders ook in die verbetering van hulle leesvaardigheid.

Beide nasionale en internasionale navorsing bevestig ernstige agterstande by leerders in terme van sowel leesspoed as leesbegrip. By Affies word dié gaping aangespreek deur middel van die leerders se deelname aan ‘n leesverbeteringsprogram in ‘n goed toegeruste en veeldoelige rekenaarlokaal (Kamer 33).

Elke jaar kry alle leerders in Graad 11 vir die eerste ses maande van die jaar die geleentheid om hul leesvaardigheid te verbeter in beide Afrikaans en Engels. In die tweede ses maande is dit weer die beurt van die graad 8 leerders. Leerders in grade 9, 10 en 12 wat dringende aandag aan hulle leesvermoë moet gee word op ‘n individuele basis in die middag na skool geakkommodeer.

In die leesverbeteringsprogram word onder andere aandag verleen aan:

 

  • Die uitskakeling van die mees algemene leesfoute wat bydra tot onderprestasie in lees;
  • Die aanleer van die korrekte leesstrategieë vir studielees, ontspanningslees en spoedlees;
  • Die aanleer van die korrekte oogbewegings vir effektiewe lees; en
  • Die aktiewe uitbou van woordeskat en hersiening van taalkunde (Afrikaans en Engels).
Vir enige verdere navrae, skakel gerus vir Me Charlotte Badenhorst by die skool.

 

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »