Lewensoriëntering

Die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Lewensoriëntering streef daarna om die leerders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle as burgers van ‘n demokratiese Suid-Afrika kan funksioneer. Dit sluit in die ontwikkeling van die leerders se kennis, vaardighede, waardes en gesindhede.

 

Lewensoriëntering gee leiding aan leerders en berei hulle voor op die lewe en al sy moontlikhede en verantwoordelikhede. Hierdie vak spreek kennis, waardes, ingesteldhede en vaardighede aan omtrent die self, die omgewing, burgerskap, ‘n gesonde en produktiewe lewe, sosiale wisselwerking, ontspanning, fisiese aktiwiteite en ook loopbaankeuses. Dit rus leerders toe om probleme op te los, om ingeligte keuses en besluite te neem en om tot toepaslike aksies oor te gaan ten einde ‘n suksesvolle en sinvolle lewe in ‘n snelveranderende samelewing te lei.

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »