Musiek

" Musiek is ‘n tregter waardeur God die evangelie direk in ons harte skink " - Johann Sebastian Bach

 

Musiek is 'n universele taal... dit is 'n ewigheidsbelegging tot enige individu se lewe. Musiek voeg  onmeetlike waarde toe aan elke leerder se lewe wat dit as vak neem; dit spreek die volgende aspekte :

a) deursettingsvermoë;
b) stimuleer breinfunksies;
c) self-dissipline;
d) verseker of bevorder 'n goeie selfbeeld;
e) het hoë terapeutiese waarde; 
f) bevorder die keuringsproses by universiteite.

Musiek as keusevak in Graad 8 en 9

 

'n Nuwe instrument kan in Gr 8 begin word. Talle leerders het al begin met musiek in graad 8 en ongelooflike sukses behaal! Die praktiese lesse vind in die middag plaas, en die teoretiese afdeling in die oggend. 'n Minimale instandhoudingsfooi word deur die skool gehef vir die gebruik van instrumente.

Leeruitkomste van musiek : Gr 10 - 12 

 

LU 1 : Musiekvoordrag ( Instrument wat bespeel word )
LU 2 : Improvisasie, komposisie en verwerking ( Rekenaartegnologie )
LU 3 : Musiekgeletterdheid ( Teorie )
LU 4 : Kritiese Refleksie ( Musiekgeskiedenis )

Hoe kan musiek na skool benut word ?

  • Uitvoerende kunstenaar
  • Musiekwetenskap
  • Navorsing
  • Musiekterapie
  • Tegnologie : Musiekprogramme, komposisie, advertensiewese, films, ens
  • Klankingenieurswese
  • Onderwys : 1) Privaat 2) Departementeel : Vakmusiek 3) Universiteit
  • Orkeste : by universiteit, professioneel, ligte musiek (Bands), ens
  • Begeleiding vir soliste
  • Betrokkenheid by die gemeenskap
  • Uitvoerings by funksies, bv. universiteit en troues

 

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »