Siviele Tegnologie
Siviele tegnologie kan vanaf graad 10 - graad 12 geneem word. Dit is een van die nuwe tegniese vakke wat in 2005 geimplementeer is. Die vak is `n samevoeging van Tegnika siviel, Houtwerk, Houtbewerking en Messel en Pleisterwerk.Die vak foukus op alle terreine rakende die boubedryf. Daar is teorie en praktiese komponente. Leerders doen ook tegniese tekeninge met die klem wat val op boutekening. Die CAD tekenprogram vorm deel van die silabus.
Modules wat behandel word:
- Veiligheid
- Materiale
- Gereedskap
- Grafika
- Terminologie
- Toegepaste meganika
- Konstruksie
- Siviele dienste
- Hoeveelhede
- Voegwerk
