Tegnologie

Tegnologie kan beskryf word as reaksie op ‘n behoefte of ‘n begeerte, Dit behels die generering en prosesse om stelsels te ontwikkel wat probleme oplos en menslike vermoëns uitbrei.

Tegnologie-onderwys voorsien die leerder van sekere ontwikkelingsgeleenthede om kreatiewe, innoverende probleemoplossers te word en in ‘n groep saam te werk.

Die onderrig van tegnologie verhoog tegnologiese geletterdheid, wat die vermoë om tegnologie te gebruik, te bestuur en te verstaan, impliseer. Dit word bereik deur kennis, vaardighede, houdings en waardes wat deur leerders verwerf word ten opsigte van tegnologie.

Tegnologie word in grade 8 en 9 geneem. Daar word elke jaar vier modules deur ‘n graad behandel uit ‘n moontlike 7 of 8. Die onderwyser besluit watter modules behandel word sodat ‘n leerder na twee jaar deur die hele spektrum is.

Graad 8 modules

 

Prosessering (verpakking) Stelsels en beheer (meganies) Grafiese kommunikasie Strukture Stelsels en beheer (self-aangedrewe voertuig) Prosessering (voedsel) Prosessering (sement en beton)

Graad 9 modules

 

Prosessering (voedsel) Stelsels en beheer (meganies) Grafiese kommunikasie Strukture (raam en dop) Stelsels en beheer (elektries) Prosessering (impak van tegnologie op die omgewing) Prosessering (gewapende beton) Impak van tegnologie op die omgewing (sonenergie)

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »