Vakkeuse
GRAAD 8 EN 9 VAKKEUSE:
Alle skole word deur die wet verplig om die volgende leerareas aan te bied:
Taalgeletterdheid: Afrikaans
Taalgeletterdheid: Engels
Wiskunde
Natuurwetenskappe (Behels die vakke Biologie en Natuur- en Skeikunde)
Tegnologie (Behels die vakke Tegniese Tekene en Bedryfskennis)
Sosiale Wetenskappe (Behels die vakke Geskiedenis en Aardrykskunde)
Lewensoriëntering (Behels die vakke Voorligting en Liggaamsopvoeding)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Behels die vakke Rekeningkunde en Bedryfsekonomie)
Leerders moet ‘n keuse uitoefen tussen:
Musiek as vak tydens graad 8 en 9 word ‘n breë oorsig van musiekgeskiedenis en teorie behandel. Die skool voorsien gratis onderrig in alle orkesinstrumente en klavier; OF
Kuns en Kultuur (Behels ‘n algemene oorsig oor musiek as kuns).
GRAAD 10, 11 EN GRAAD 12 VAKKEUSE:
AFDELING A: VIER VERPLIGTE VAKKE
OU VAKNAME IN HAKIES
1. Afrikaans Moedertaal (Afrikaans Eerste Taal)
2. Engels Moedertaal (Engels Eerste Taal) OF
Engels Eerste Addisionele Taal (Engels Tweede Taal)
3. Wiskunde (Wiskunde HG) OF Wiskunde Geletterdheid (Verpligtend, indien nie Wiskunde nie)
4. Lewensoriëntering
AFDELING B: Enige drie vakke moet gekies word
* Fisiese Wetenskappe (Natuur- en Skeikunde)
* Rekeningkunde
* Lewenswetenskappe (Biologie)
* Inligtingstegnologie (Rekenaarwetenskap HG)
* Rekenaartoepassingstegnologie (Rekenaarwetenskap SG)
* Ekonomie
* Besigheidstudies (Bedryfsekonomie)
* Geografie (Aardrykskunde)
* Geskiedenis
* Ingenieursgrafika- en Ontwerp (Tegniese Tekene)
* Siviele Tegnologie (Houtwerk)
* Kuns Ontwerp (Kuns)
* Musiek
* Visuele Kuns (Kuns)
