Visuele Kuns
Inleiding
Ontwerp as nuwe keuse of alternatiewe afdeling van Kuns saam met Visuele Kuns, word tans aangebied. Na opnames aan die einde van elke graad 9 jaar, sedert 2005, word Ontwerp aangebied. Hierdie vak bied die geleentheid aan leerders om bykans alles wat hulle in die allerdaagse lewe waarneem en gebruik as verwysing te gebruik, want alle gebruiksgoedere word ontwerp. Dit vereis kreatiewe denke om probleme visueel op te los in die vorm van ontwerpe, dit is wat die vak vereis, gerugsteen deur die nodige teoretiese agtergrond wat gegee word.
Kurrikulum
Graad 10
Basiese tekenvaardighede word hersien en ingeoefen, ontwerpbeginsels word prakties en teoreties geleer. Kunselemente word deurgaans saam met die ontwerpbeginsels toegepas en leerders kry die geleentheid om praktiese probleme op te los in die vorm van ontwerpe vir plakate en verskeie ander inligtingsontwerp opdragte. Leerders word ook aangemoedig om te eksperimenteer met materiale op `n 3 dimensionele vlak. Teorie sluit in, woordeskat, geskiedenis van ontwerp, materiale, tegnieke, studie van vier inheemse ontwerpers.
Graad 11
Teken en ontwerpvaardighede word uitgebrei en verder ingeoefen, ontwerpsbeginsels toegepas op praktiese projekte wat inligtingsontwerpopdragte bv.verpakking, illustrasies en self kunsvlytprodukte soos juweliersontwerp insluit deur eksperimentering met materiaal. Teorie sluit in: geskiedenis van tipografie, ontwerpsbeginsels toegepas op veral tipografie in ontwerp, ontwerpsprosedures en prosesse in praktyk, kommunikasie met kliënte, vier inheemse ontwerpers.
Graad 12
2007 - Laaste jaar van ou kurrikulum - Kunsgeskiedenis en prakties. Leerders kry vir die laaste jaar gedurende hul skoolloopbaan die kans om bewus te raak en deel te word van die ryke bronne van kreatiwiteit in hul leefwêreld. Teoreties en praktiese toepassing in die vorm van: Agtergrond oor bv. bekende kunstenaars, komposisie, beeldhouers en tegnieke. Prakties: Optredes, ontwerpe, tegnieke, beelde onderhoude, groepsporjekte asook vele individuele opdragte om die leerdes kreatief te stimuleer.
