Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid
Vanaf 2006, met die infasering van VOO, word alle leerders verplig om tot Graad 12 ‘n vorm van Wiskunde te neem. ‘n Leerder neem dus of Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid vanaf Graad 10.Die Wiskunde kurrikulum is ‘n samestelling van die vorige HG en SG-sillabusse, met ‘n paar veranderings. Finansiële Wiskunde en statistiek is nou ingesluit - afdelings wat baie nuttig te pas kom vir leerders wat in daardie rigtings op universiteit gaan studeer. Daar is ook afdelings in die ou sillabus wat weggelaat is.
In Wiskunde is Vraestel I en II verpligtend, terwyl Vraestel III opsioneel is. Vraestel III behels Waarskynlikheid, Regressiemodellering en Euklidiese Meetkunde. Aangesien Vraestel III se werk van groot waarde is vir universiteitstudies, stel ons by AHS alle graad 10 en 11 leerders bloot aan Vraestel III se werk en hulle skryf almal daaroor eksamen. In Gr 12 kan hulle egter die keuse uitoefen of hulle eksamen gaan skryf al dan nie.
Wiskunde Geletterdheid is ‘n baie praktiese vak wat leerders in staat stel om alledaagse probleme waar rekenkunde ter sprake is, op te los.
