EBW en Rekeningkunde

Inleiding

Ongeag watter beroep ‘n leerling eendag gaan volg, geld is ‘n integrale deel daarvan. Rekeningkunde en EBW kan dus van hulp wees in enige beroep. Dit kan almal help om hulle persoonlike finansies te bestuur en dit groei uiteindelik tot ‘n vak wat die basiese grondslag lê vir ‘n wye aantal BCom-studierigtings.Daar is tans nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wêreld ‘n groot tekort aan rekenmeesters, veral geoktroöieerde rekenmeesters.

Rekeningkunde is `n gespesialiseerde vak wat hom toespits op algehele boekhouding, ouditkunde, bestuursrekeningkunde en finansiële rekeningkunde. EBW is inleidend tot rekeningkunde waar leerders blootgestel word aan die basiese boekhouding van `n eenmansaak. Ekonomie en Besigheidstudies word aanvullend gedoseer om leerlinge se belangstellings in hierdiedie vakke te promoveer.

Uitkomste 

Graad 8

Die volgende studie-eenhede word ten opsigte van diens- en handelsondernemings behandel: Die aantekening van transaksies op brondokumente en die inskrywing van hierdie transaksies in die verskeie joernale, die oorboek van die transaksies na die algemene grootboek (slegs kontanttransaksies), die opstel van ‘n proefbalans. Die rekeningkundige vergelyking word deurlopend behandel. Die nasionale begroting word behandel en enkele aspekte van entrepreneurskap word behandel.

Graad 9 

 In graad 9 word voortgebou op die basiese kennis van graad 8. Die transaksies van ‘n handelsonderneming word hoofsaaklik behandel. Weer eens word die hele rekenkundige proses in detail behandel. Krediettransaksies word nou ook behandel met gevolg word alles rondom debiteure en krediteure se boekhouding behandel. Vereenvoudigde finansiële state word ook verduidelik. Die leerlinge moet ‘n volledige sakeplan vir sy eie besigheid opstel. Simulasies word gedoen, waarvan die hoogtepunt die skool se entrepreneursdag is. Hier moet seuns in groepverband leer om te beplan, bemark, organiseer, met hul eie geld ‘n "onderneming" begin, dit teen ‘n wins bedryf en daarna die boekhouding volledig voltooi. Ekonomiese begrippe soos vraag en aanbod word behandel.

Graad 10

Alleen-eienaar:

Finansiële rekeningkunde: Vanaf brondokumente tot by opstel van finansiële state; BTW en alle aansuiwerings.
Bestuursrekeningkunde: Begrotings, ontleding en vertolking van finansiële state.
Hulpbronbestuur en ouditkunde
Interne beheer en kontrole
Etiek binne rekeningkundepraktyk

Graad 11

Vennootskappe, Klubs en Nie-winsgewende ondernemings:

Finansiële rekeningkunde: Vanaf brondokumente tot by opstel van finansiële state; BTW en alle aansuiwerings.
Bestuursrekeningkunde: Begrotings, ontleding en vertolking van finansiële state
Hulpbronbestuur en ouditkunde
Interne beheer en kontrole
Etiek binne rekeningkundepraktyk

Graad 12

 

Maatskappye (privaat en publiek) en Beslote Korporasies:

Finansiële rekeningkunde: Vanaf brondokumente tot by opstel van finansiële state; BTW en alle aansuiwerings.
Bestuursrekeningkunde: Begrotings, ontleding en vertolking van finansiële state
Hulpbronbestuur en ouditkunde
Moontlike beroepsrigtings met Rekeningkunde as vak is legio. Hier verskyn ‘n klompie:

  • Bedryf van entrepreneursaktiwiteite
  • Landbou-ekonoom by banke en sake-ondernemings
  • Korporatiewe Entrepreneur
  • Kommoditeitshandelaar
  • Administratiewe bestuurder
  • Verkoopsbestuurder
  • Besigheidsbestuurder
  • Fondsbestuurder
  • Finansiële adviseur
  • Bestuurskonsultant
  • Beleggingsadviseur
  • Rekenmeester
  • Ouditeur en Geoktröieerde Rekenmeester
  • Bankwese
  • Akademikus
  • Owerheidsekonomie
  • Statistiese ontleding
  • Internasionale handel en investering
  • Ekonomiese ontwikkeling
  • Aandelemarkfirmas
  • Konsultasie-maatskappye
  • Analis
  • Konsultant
  • Navorser
  • Makelaar en talle ander beroepe

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »