Geskiedenis
Inleiding
Die instelling van die Nasionale Kurrikulum is ook die begin van die nuwe benadering tot geskiedenis. Die studie van geskiedenis bou die vermoë om ingeligte keuses te doen ten einde `n konstruktiewe bydrae tot die samelewing te maak en demokrasie te bevorder. Geskiedenis dra tot jou persoonlike bemagtiging by deur jou kennis te gee dat ons as mense keuses het wat die węreld ten goede kan verander. Dit leer jou om te interpreteer en opinie te vorm, asook die gebruik van bronne, kaarte, ens.
Graad 8
Die veranderde węreld, naamlik politieke revolusies, die nywerheidsomwenteling, kolonialisme, die weerstand teen die Britse bewind en veranderde idees en tegnologie.
Graad 9
Menseregte gedurende en na die Tweede Węreldoorlog, die Kerntydperk, die Koue Oorlog, apartheid en die vraagstukke van ons tyd.
Graad 10
Die Węreld in 1450, die impak van Kolonialisme, die Atlantiese slawehandel, die nywerheidsomwenteling, sprake na vryheid, transformasie in Suidelike Afrika en erfenis.
Graad 11
Die węreld in 1850, die veranderinge in die węreld tussen 1850 en 1950, Imperialisme, reaksie op kolonialisme, uitdagings vir kapitalisme, mededingende nasionalisme oor identiteite om Afrika, apartheid en die uitbeelding van Suid-Afrika se verlede.
Graad 12
Omstandighede wat tot die Tweede Węreldoorlog gelei het, die Koue oorlog, Rusland en Afrika, Suid-Afrikaanse geskiedenis vanaf 1924 tot 1948.
Deur die jaar word uitstappies beplan ter verryking van die sillabus en om ‘n bewustheid van ons erfenis te kweek.
Die jaarlikse graad10 toer na die Natalse slagvelde is steeds ‘n hoogtepunt in enige geskiedenisleerder se dagboek.Die graad 11 leerders onderneem ‘n uitstappie om Pretoria en die belangrike bakens in ons stad te besoek, o.a. die ou Raadsaal, Fonteine en Voortrekkermonument. Graad 9 leerders besoek die Krugermuseum en die Plein,waar daar spesifiek gefokus word op die ontwikkeling van Pretoria.
Die interne olimpiade toets ook die seuns se kennis en is ‘n groot uitdaging wat met groot entoesiasme vanaf graad 8 tot 12 aan gepak word.
