Inligtings - en Rekenaartegnologie

INLIGTINGSTEGNOLOGIE

Inleiding

Aangesien IT ‘n dinamiese, ewig-veranderde węreld is waar nuwe ontwikkelings amper op ‘n daaglikse basis te voorskyn kom, fokus hierdie vak op konsepte. As jy die fundamentele onderliggende konsepte verstaan, sal jy maklik by veranderings kan aanpas. IT rus jou toe met lewensvaardighede wat jy nodig het in die daaglikse samelewing.

Graad 10 - 12 Teorie 

 

  • Rekenaarapparatuur en toestelle
  • Nuwe en toekomstige tegnologie
  • Netwerke
  • Stelselprogrammatuur
  • E-kommunikasie
  • Sosiale implikasies van die rekenaar
  • Loopbane

Graad 10 - 12 Prakties

 

 

  • MS Excel Sigblad
  • MS Access Databasis
  • Delphi-programmering
  • Algoritme ontwerp
  • Datastrukture
  • Databasis Ontwerp
  • Bestuur van Informasie
  • Probleemoplossing en formulering
  • Toets van programme
  • Gebruikerskoppelvlak
  • Webbladsye ontwerp

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE

 

Inleiding

Ons lewe in ‘n węreld en samelewing wat voortdurend verander - werksekuriteit is nie meer ‘n gegewe nie. Die enigste manier tot werksekuriteit is om markverwante vaardighede te ontwikkel en in staat te wees om waarde toe te voeg waar jy ookal werk. Dit is wat Rekenaartoepassingstegnologie ten doel het - dit gee jou geleentheid om jou kennis op te bou en vaardighede vir ‘n kompeterende samelewing te ontwikkel.

Graad 10 - 12 Teorie

 

  • Rekenaars in ons alledaagse lewe
  • Algemene konsepte van Informasie Tegnologie insluitend apparatuur en programmatuur
  • Netwerke
  • Tipe Rekenaarstelsels
  • Komponente en kenmerke van ‘n rekenaar
  • Toevoer- en afvoertoestelle
  • Tipes stelselprogrammatuur
  • Toepassingsprogramme
  • Rekenaarsekuriteit, etiek en virusse
  • Impak van rekenaars op ons samelewing
  • Lęerbestuur en die oplos van probleme met stelsels
  • Veiligheids- en gesondheidskwessies
  • Bedryfstelsels

Graad 10 - 12 Prakties

 

 

  • MS Word
  • MS Excel
  • MS Access
  • MS PowerPoint
  • MS Paint
  • Sleutelbordvaardighede
  • Webbladsye Ontwerp

REKENAAROLIMPIADE

 

Leerders neem ook elke jaar deel aan die rekenaarolimpiade.

In die verlede was die Afrikaans Hoër Seunskool `n prominente deelnemer aan die Rekenaar Olimpiade.

David Butler wen Silver in 1990, Goud in 1991 en Silver by die Internasionale Olimpiade in Informatika in 1992. Paul van Helden wen Silver in 1990. Martin Coetzer wen Gold in 1991. Richard Franklin wen Brons in 1993. Dirk Oosthuizen won Brons in 2005.

Kennisgewings

Maandag, 20 Feb, 2012

Atletiekverslag: Florida

Die volledige verslag van die Florida ...
Lees meer

Vrydag, 17 Feb, 2012

Krieketbepalings 20 - 23 Februarie

Die volledige krieketbepalings vir ....
Lees meer

Woensdag, 15 Feb, 2012

Rugbybepalings 2012

Die volledige rugbybepalings ....
Lees meer

Kalender

Donderdag, 23 Feb, 2012

24 Feb Atletiek B-nterhoër
24 Feb - 26 Feb Krieket Kaapse toer (1e, 2e, 15A, 14A spanne)
14 Sep Gholf Affies Gholfdag
 
Vol Kalender »