Toneel na Aardklop

01 Aug 2018

Die Affie-toneelgroep het weer eens bewys dat daar met hulle rekening gehou moet word!

Die groep het die afgelope week aan die Eldo Toneelfees deelgeneem. Die Eldo- en Noordheuwel-feeste word in samewerking met Aardklop Pronk Podium aangebied.  Nie minder nie as 52 skole het deelgeneem aan die twee feeste. Slegs drie produksies is gekeur om Aardklop toe te gaan – waarvan Affies een is. Die spelers en tegnici het almal goue sertifikate vir spel en hantering van tegniese aspekte gekry. Affies het ook goud vir regie en teks gekry.

 

 

TERUG NA BO