Welkom by Affies

08 Jan 2019

Affies is bevoorreg om vier bekwame leerkragte by die skool te verwelkom.

Me Gerda Kleynhans is aangestel as die Departementshoof: Afrikaans.  Sy was voorheen verbonde aan die Hoërskool Waterkloof.

Mnr Janko Dreyer is ‘n oud-Affie wat veral diep spore op die krieketveld getrap het.  Hy sal verantwoordelik wees vir onderrig van Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe.

Mnr Hanno Wasserman is afkomstig van Rustenburg.  Hy is ‘n opgeleide prokureur wat besluit het om die regswêreld vir die onderwys te verruil  Hy sal Afrikaans onderrig.

Mnr Neville Rothman is aangestel as Affies se hoof van hokkie.  Hy is afkomstig van Paul Roos Gimnasium en was vroeër ook betrokke by Grey High.
Hy is ‘n bekende in hokkiekringe en Affies is bevoorreg om van sy kundigheid gebruik te kan maak.

Affies wens vir hierdie vier kollega’s ‘n gelukkige en verrykende verbintenis met die skool.

TERUG NA BO