Bly op datum met COVID-19 by www.sacoronavirus.co.za.
Inligting oor 2021 aansoeke
Lees meer ...
Die volledige uitslae van die naweek se rugby teen Diamantveld, Piet Potgieter en Ellisras is hieronder beskikbaar.
Die uitslae van hokkiewedstryde wat die afgelope naweek gespeel is, kan hieronder afgelaai word.
Die uitslae van rugbywedstryde wat gister teen CR Swart gespeel is kan hieronder afgelaai word.
Die uitslae van gister se hokkiewedstryde teen St Benedict’s kan hieronder afgelaai word.
Die uitslae van rugbywedstryde teen HTS John Vorster, wat Dinsdag gespeel is, kan hieronder afgelaai word.
Bepalings van rugbywedstryde vir aanstaande Dinsdag teen Zwartkop kan hieronder afgelaai word.
Die bepalings vir die Noord-Gauteng bekerkompetisie waaraan ons eerste hokkiespan en onder 16A’s deelneem, is hieronder beskikbaar.
Die program vir eerskomende Donderdag se rugbywedstryde teen CR Swart kan hieronder afgelaai word.
Die jongste uitgawe van Stroom-Op, Affies se skoolkoerant, kan hieronder afgelaai word. AHS:
Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW). AJ Maree, een…
Ons betuig ons innige simpatie met die ouers, broer, familie en vriende van Harry van Tonder (graad 10) wat deur die loop van die nag van 11 November in sy slaap oorlede is. Harry was ‘n ernstige epilepsielyer. Affies onthou hom met mooi herinneringe. Hy was as kontrabasspeler ‘n gewaardeerde lid van die Affie-orkeste. Die…
Die Afrikaanse Hoër Seunskool, wat in God en in tydlose en universele waardes soos liefde, waarheid en hoop geanker is, streef daarna om sy unieke tradisie van uitnemende opvoedende onderwys te handhaaf en uit te bou tot die voordeel van ons land en sy inwoners.
Reeds sedert 1920 is die geskiedenis van die skool nou verweef met ‘n belangrike groeitydperk van die Afrikaner en sy taal. Besiel met dieselfde pioniersgees as hul voorgangers, het ‘n stroom jong Afrikaners uit hierdie skool gevloei om leiersposisies in alle vlakke van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die Afrikaner volkslewe vol te staan.
Vandag word daar met trots teruggekyk op ‘n roemryke verlede wat elke dag as fondament vir die bouwerk van môre dien.