
Affies se eerste krieketspan het vroeër vandag in Polokwane daarin geslaag om deur te dring na die Titans-eindstryd van die nasionale Coca-Cola T20-reeks.
Hulle het die Hoërskool Pietersburg, die Limpopo-wenner, met 5 paatjies verslaan.
Hierdie oorwinning beteken dat hulle teen die wenner van Benoni High en die Hoërskool Middelburg te staan sal kom om ‘n plek te verseker in die nasionale eindstryd.