2019 Matrieks blink uit

08 Jan 2020

Affies kan met trots en dankbaarheid aankondig dat die 2019 matriekklas uitsonderlik presteer het in die Nasionale Senior Sertifikaateksamen.

Nie net spog die skool met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar ons is veral dankbaar oor die 93,1% universiteitsvrystellingsyfer.

Die matrikulante het 355 vakonderskeidings behaal, en die gemiddelde persentasie vir alle kandidate (alle vakke) is 68,5%.

Craig Kleingeld het nege onderskeidings behaal en nie minder nie as vier seuns het elk agt onderskeidings ingepalm. Baie geluk aan Garreth Lubbe, Wian Pienaar, Franco van Buren-Schele en Eduard van Renssen.

‘n Verdere 12 kandidate het elk sewe vakonderskeidings.

Affies is trots op die klas van 2019!

‘n Volledige opsomming van die uitslae kan hieronder afgelaai word:

 

 

 

TERUG NA BO