24 Affies word Blou Bulle

26 Mei 2017

Nie minder nie as vier-en-twintig Affie-rugbyspelers is ingesluit in die onderskeie spanne van die Blou Bulle wat aan ‘n verskeidenheid nasionale weke gaan deelneem.

Sewe spelers is opgeneem in die Cravenweekspan.  Hulle is Johan van Zyl, Jaco Labuschagne, Philip Potgieter, Zack Briel, Marnus Potgieter, James Combrink en Regardt Roets.

Drie spelers sal die Blou Bulle verteenwoordig by die Nasionale Akademieweek.  Hulle is Janco Uys, Charles Goedhals en Divan du Preez.

Michael de Waal, Wihan Bezuidenhout en Sean Tshungo sal deelneem aan die Noordvaal rugbyweek.

Wat die onder 16’s betref is Adolf Visser en Jacques-Louis du Toit opgeneem in die span vir die Grant Khomo Rugbyweek.

Philip Blignault, George Oosthuizen, FC Potgieter, Dieter Crafford, Christiaan Kamfer en JC le Roux sal die B-span verteenwoordig by die Noordvaal Rugbyweek, terwyl Leighton Ferreira en Franku Muller die C-span by dieselfde week sal verteenwoordig.

TERUG NA BO