AB speel in honderdste toets

11 Nov 2015

Oud-Affie AB de Villiers sal eerskomende Saterdag die sewende Suid-Afrikaner word wat sy land in 100 kriekettoetse verteenwoordig.

Suid-Afrika kom dan in die tweede toets te staan teen Indië in Bangalore.

AB se toetsloopbaan het in 2004 in Port Elizabeth begin.  Hy is huidiglik die wêreld se voorste kolwer in toetse sowel as eendagwedstryde.  Hy spog met ‘n toetsgemiddeld van 51,92 lopies per beurt in sy 99 toetse, en ‘n hoogste telling van 278 nun.

Affies is opreg trots op hierdie ambassadeur van ons skool.

TERUG NA BO