AB WEER VEREER

23 Des 2015

 

Oud-Affie AB de Villiers is vir die tweede agtereenvolgende jaar benoem as die Internasionale Krieketraad se eendagspeler van die jaar.

Die benoeming volg op ‘n skitterjaar waar AB onder andere gesorg het vir die vinnigste honderdtal ooit met sy skitterbeurt vanaf slegs 31 balle teen die Windies in Johannesburg.

In die stemtydperk het AB 1265 lopies in eendagwedstryde aangeteken in slegs 20 kolfbeurte.

Dit is die derde keer dat AB dié toekenning ontvang.

Nog ‘n oud-Affie, Faf du Plessis, se warrelwindbeurt van 119 van slegs 59 balle teen die einste  Wes-Indiërs is bekroon as die T20 vertoning van die jaar.

TERUG NA BO