Affie-atletiek se nuwe baas!

11 Aug 2016
Affie-atletiek kry aanstaande week ‘n nuwe baas!
 
Die voormalige Springbok hekkies-atleet, en Suid-Afrika se hekkies-ghoeroe, Hennie Kotze, sluit eerskomende Maandag aan by Affies se personeel.
 
Hennie het die afgelope klompie jare ‘n pos beklee in Saoedi-Arabië, waar hy in beheer was van dié land se hekkies-atlete.
Hy het ook al verskeie Suid-Afrikaanse atlete afgerig, onder andere LJ van Zyl (saam met hom op die foto).
 
Affies is verheug om hom terug te verwelkom! Welkom tuis, Hennie!
TERUG NA BO