Affie blink uit in gholf

15 Feb 2017

‘n Graad 10 Affie, Luhan Bester, het ‘n besondere prestasie behaal deur te kwalifiseer om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Amateurkampioenskap.

Die toernooi vind plaas vanaf 19 tot 25 Februarie op die Humewood baan in Port Elizabeth.

Oud-Affie Dawid Opperman (2016) sal ook in aksie wees.

Nog ‘n oud-Affie en bekende in die gholfwêreld, George Coetzee, het hierdie toernooi in 2005 gewen.

 

 

 

TERUG NA BO