
‘n Affie-matrikulant, Christiaan Willemse, het ‘n puik prestasie behaal.
Hy het derde geëindig in die landswye Afrikaans Olimpiade, en eerste in Gauteng!
Christiaan is ook talentvol wat musiek betref. Hy was in die Julie-vakansie na Wene genooi , want ‘n musiekkomposisie van hom het n kompetisie gewen wat daar deur n orkes uitgevoer is. Sy ma het hom vergesel.
Baie geluk met jou puik prestasie Christiaan!