Affie-gholf presteer

12 Aug 2015

Affies se gholfspelers het onlangs puik presteer.

Die eerste span het deelgeneem aan die SA Skole Finaal. ‘n toernooi was oor twee rondtes beslis is op die Irene Buitekub . Daar was 23 skole vanoor die land en die Affie-span eindig in die derde plek.

‘n Junior Affie-span het oor die langnaweek aan die “Grey High School Links Festival “ deelgeneem. Die toernooi het op die Humewood Links asook St Francis Links plaasgevind. Die span eindig in die tweede plek uit 8 spanne.

Intussen is drie Affies verkies tot die Gauteng-Noord skolespan wat gedurende die eerskomende vakansie aan die Hoërskole interprovinsiale toernooi gaan deelneem. Hulle is Dawid Opperman, CJ Upton en Jean Hannah.

Baie geluk aan al hierdie spelers wat Affies se naam so hoog hou.

TERUG NA BO