Affie-gholfspelers in SA-span

26 Sep 2019

Gholf as skoolsport by Affies ry die afgelope paar jaar op die kruin van die golf.

Dit is in die vakansie bevestig toe die eerstespan vir die tweede agtereenvolgende jaar die Noordvaaltoernooi gewen het.
Hulle het 13 houe voor hul naaste teenstander geëindig.

Die Noord-Gautengspan het ook in die vakansie die Suid-Afrikaanse inter-provinsiale toernooi gewen.
Chrisjan Maas het in die individuele kompetisie derde geëindig.

Na afloop van hierdie toernooi is Chrisjan en Zandré Labuschagne ingesluit in die Suid-Afrikaanse skolespan.

Baie geluk aan al hierdie gholfspelers.

 

TERUG NA BO