
Affies se eerste krieketspan vertrek vanoggend (Donderdag) na Potchefstroom vir hul deelname aan die nasionale eindronde van die Coca-Cola T20 National Schools Challenge.
Hulle het deurgedring na hierdie eindstryd as wenner van die Titans-streek en sal te staan kom teen die wenners van die Dolphins, Warriors, Cobras, Knights en Lions.
Ons wens hul sterkte toe en versoek alle oud-Affies in die omgewing van Potchefstroom om hulle asseblief te ondersteun.
Hul program is as volg:
Vrydagoggend: Paarl Gimnasium
Vrydagmiddag: Grey High
Saterdagoggend: Kearsney
Saterdagmiddag: St Stithians
Sondagoggend: Grey Kollege
Sondagmiddag: eindstryd (indien hulle kwalifiseer)