
Die Affie-opedag neem amptelik om 14:30 ‘n aanvang, maar gaste is welkom om vanaf 14:00 aan te meld om verversings te geniet.
Vanaf 14:30 tot 15:30 is daar elke 10 minute ‘n begeleide toer om gaste die skoolterrein en fasiliteite te wys. ‘n Toer duur ongeveer een uur.
Die koshuise sluit om 17:00 vir besoekers.
Tussen 15:40 en 16:00 tree die Affie-konsertorkes en die -koor in die saal op.
Die hoof praat om 16:00 in die saal. Na afloop van dr. Edwards se aanbieding, sal ‘n laaste groep op ‘n toer geneem word – ongeveer 16:30.
Meer inligting oor die skoolaktiwiteite kan bekom word deur die stalletjies in die vierkant voor die saal te besoek waar personeel aan diens is en inligtingstukke beskikbaar is.