Affie-redenaars blink uit!

27 Mar 2018

Affies se redenaarspanne het weer eens getoon dat hulle hul man kan staan in die Van Huyssteens Onvoorbereide Redenaarskompetisie.

Nie minder nie as vier Affie-spanne het aan die finaal deelgeneem en drie het as wenners uit die stryd getree.

Die wenspanne was die graad 9’s in die Engelse afdeling!  Baie geluk aan Marnitz van Jaarsveldt, Armand Pelser, Albert Retief en Paul Sweers.

Ook die graad 10’s tree as oorwinnaars uit die stryd in die Engelse afdeling!  Geluk aan Waldo Pienaar, Jacques Badenhorst, Henri van der Westhuizen en Werner Ahrens.

Daar moet in ag geneem word dat hierdie twee wenspanne afgereken het met spanne uit Engelsmedium skole, dus huistaalsprekers!

Die graad 12’s het koning gekraai in die Afrikaanse afdeling.  Baie geluk aan Johan Fourie, Hanno Prinsloo, Hannes van der Merwe en Harry Cassidy.

Harry (hooffoto) het ook die individuele Engelse graad 12 afdeling gewen.

Welgedaan manne!

Gr 9 Gr 10 Gr 12

TERUG NA BO