
Affies se swemspan het Maandag in ‘n naelbytstryd daarin geslaag om die sterbelaaide span van die Hoërskool Menlopark die loef af te steek en as wenners gekroon te word in die seunskompetisie van die Pretoria A-liga interhoër.
Affies het 420 punte ingesamel teenoor Menlo se 401.5, en Pretoria Boys’ High se 338.5.
Die B-span het gister dit twee uit twee gemaak en ook hul interhoër gewen.
Hulle het 352 punte behaal met Menlopark se B-span in die tweede plek op 313. Boys’High was derde met 286.
Baie geluk aan die afrigters en elke swemmer!


