
Die skool het ‘n toepassing (“app”) ontwikkel wat u op u selfoon kan aflaai. Dit stel die skool in staat om vinnig belangrike inligting onder u aandag te bring.
U kies die aktiwiteite waaroor u inligting wil ontvang – bv. slegs rugbynuus, graadnuus, ens.
Ons wil ouers en seuns aanmoedig om dit wel af te laai. Sodoende verseker u dat u nie kommunikasie van die skool misloop nie.
Gaan soos volg te werk om die “toep” af te laai en te registreer:
- Apple: https://itunes.apple.com/us/app/afrikaans-hoër-seuns-skool/id1182141134?ls=1&mt=8
- Android (alle ander selfone): https://play.google.com/store/apps/details?id=com.app_ahsapp.layout&hl=en
Volg die volgende stappe nadat die toep afgelaai is:
- Teken slegs die eerste keer as BESOEKER aan.
- Kliek links bo op die pyltjie by BEGIN HIER.
- Kies REGISTREER AS GEBRUIKER.
- Voltooi die vorm en kliek STUUR.
- Sodra u ‘n e-pos ontvang, volg die stappe soos aangedui.
- Maak weer die Affie-toep oop.
- Kies die rat-ikoon regs bo-aan die skerm.
- Gaan na die MEMBERSHIP-opsie.
- Indien u nog as besoeker aangeteken is, kies die LOGOUT-opsie.
- Teken met u nuwe GEBRUIKERSNAAM en WAGWOORD in.
- Gaan na BOODSKAPPE (die oop koevertjie bo regs) en dan na die rat-ikoon regs bo om te kies watter kennisgewings u wil ontvang.
Indien u al die stappe gevolg het, is u gereed om die Affie-toep te gebruik!