Affie-Wiskunde is tops!

14 Mei 2015

Die Wiskundedepartement van die Afrikaanse Hoër Seunskool is na die 2014 matriekeksamen aangewys as een van die top Wiskunde-skole in die land, en nou het nog ‘n eer na ons kant gekom.

Twee van Affies se Wiskunde-onderwyseresse is gekies om kongresse in Europa by te woon. Die VAW (Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde Onderwysers) borg albei die geleenthede.

Me Elmarie van Loggerenberg (foto onder) woon gedurende die Julie-vakansie ‘n 4-dag Geogebra kursus in Oostenryk by , en Me Izet Kleynhans (foto bo) gaan in Augustus vir twee weke ‘n kongres bywoon in Utrecht, Nederland. Baie geluk aan hierdie onderwyseresse. Ons is baie trots op julle.

 

TERUG NA BO