
Affies se hoof van hokkie, mnr Neville Rothman, is aangestel as afrigter van die Suid-Afrikaanse onder 21 mansspan.
Hierdie aanstelling geld tot en met die 2021 FIH Junior Wêreldbeker.
Mnr Rothman was ook vroeër betrokke as afrigter en keurder van Suid-Afrikaanse onder 18 spanne.
Affies is saam met mnr Rothman baie trots op hierdie besondere prestasie!