
Tyrique Brower, ‘n leerder van Laerskool Akasia, het die afgelope week by Affies kom kuier tydens ‘n rugbyoefening.
Tyrique is 9 jaar oud en is gediagnoseer met nefrotiese sindroom. Sy groot droom is om eendag Affies toe te kom en om vir Affies se eerste rugbyspan uit te draf. Die Reach For A Dream Foundation het die dag moontlik gemaak vir Tyrique.
Tyrique se dag was propvol belaai met aktiwiteite. Hy het van sy helde ontmoet, in ‘n sportmotor gery en saam met sy Affie-rugbyhelde geoefen. Deel van Tyrique se droom was om ‘n drie te druk en om die rugbybal oor die dwarslat te skop. Die Affie-manne het gehelp om dié droom van Tyrique realiteit te maak.