Affies blink by Expo

20 Aug 2019

Verskeie Affies het puik gevaar by die onlangse Noord-Gauteng Expo vir Jong Wetenskaplikes.

Gustav Botha het een van die SA Akademie pryse gewen vir die gebruik van Afrikaans as wetenskaplike taal

Naude Lourens het die Botaniese vereniging se pryse ontvang vir die beste projek vir bewusmaking van omgewingsbesoedeling.

Henk en Evert Daling het ‘n Kripton toekenning gekry vir hul deelname aan die Genius Olimpiade in New York.

Baie geluk aan al die seuns en baie dankie vir julle harde werk en tyd.

‘n Volledige verslag kan hieronder afgelaai word.

  • Expo

    Expo-2019-1.pdf (98kb)

 

TERUG NA BO