Affies bo in Dink-en-Sink!

07 Okt 2019

Affies se senior debatspan het die afgelope naweek koning gekraai in die landswye finaal van die Dink-of-Sink-kompetisie. Hulle opponente was die span van Paul Roos Gimnasium, verlede jaar se wenners.

Die span het bestaan uit Adriaan van Wyk, Reuben Coetzer en Henri van der Westhuizen.  Dr Gustav von Bratt was hul afrigter.

Geluk ook aan ons susterskool wat in die junior afdeling met die louere weggestap het.

TERUG NA BO