Affies kraai koning

24 Feb 2017

 

Affies se atletiekspan het vandag op Pilditch daarin geslaag om die seunsafdeling van die A-Bond Interhoër vir die sesde agtereenvolgende keer te wen.

Die skool het in 2012 hul hertoetrede tot dié byeenkoms gemaak, en is dus sedertdien onoorwonne in die spankompetisie.

Affies het 1345 punte ingepalm met Menlopark tweede met 1196. Prestige College was derde met 1148.

Die onder 19 aflosspan, die Wit Blitse, het die kroon gespan op ‘n skitterende dag deur ‘n wegholoorwinning te behaal in ‘n tyd van 40, 97 sekondes.

Nthando Mahlangu (foto hieronder) is aangewys as junior Victor Ludorum vir sy skitterende tye van 1:56,07 en 49, 40 in onderskeidelik die 800m en 400m vir seuns onder 15.

Boonop is Affies ook aangewys as die span wat die beste presteer het in naellope, hekkies en aflosse.

TERUG NA BO