Affies loop breëbors!

02 Okt 2015

Die Affie-gemeenskap loop vandeesweek breëbors na die aankondiging dat Fourie du Preez die ses-en-vyftigste Springbokkaptein sal wees.

Fourie draf Saterdag voor wanneer Suid-Afrika die Skotte aandurf in die Wêreldbeker.

Sy aanwysing beteken dat Affies nou met drie nasionale kapteins kan spog.  AB de Villiers se prestasie op die krieketveld is welbekend, en hy is ook Suid-Afrika se eendagkaptein.  sy klasmaat Faf du Plessis is die kaptein in die T20-formaat van die spel.

Min skole kan Affies dit nadoen!  Ons is met reg trots op ons ambassadeurs!

Beeld het met mnr Sakkie van der Walt, Affies se adjunk-hoof (sport) gepraat oor Fourie se aanwysing.  Die artikel kan hier gelees word:

http://www.netwerk24.com/sport/rugby/2015-10-02-wb-jy-luister-na-hom

 

 

 

 

TERUG NA BO