Affies skitter in ATKV-finale

24 Aug 2015

Wenners

Affies se redenaars en debatspanne het die afgelope naweek tydens die ATKV se landswye debat- en redenaarsfinale skitterend presteer.

Louis Schoonbee en Dreyer Swart is as die nasionale debatkampioene gekroon nadat hulle 575 spanne uitgestof het.  Jan-Hendrik Pretorius en Daniël Goosen het tweede geëindig.

Daniël is ook aangewys as die beste taalgebruiker in die kompetisie.

Die junior span bestaande uit Ruben Els, Muller Barkhuizen en Francois de Vos het onder die top tien spanne geëindig.

Jan-Hendrik Pretorius het die algehele tweede plek ingeneem in die redenaarskompetisie, terwyl hy ook aangewys is as die beste seunspreker.

Hanno Prinsloo was derde in die junior afdeling.

Baie geluk aan al hierdie seuns, sowel as Dr Von Bratt en Me Nelia van Zyl.  Hanno JH_Daniel

 

TERUG NA BO