Affies wen Top 10

20 Feb 2017

Affies het verlede week die seunsafdeling van die TUKS Top 10 byeenkoms oortuigend gewen.

Die atlete op die meegaande foto het almal meer as 1000 punte in hul onderskeie items behaal.

Hulle is Carlo Brink (diskus), Damian Oosthuizen (diskus), Thando Mahlangu (800 m en 400 m), Bjorn van Wyk (100 m en 200 m), Gerdus du Plessis 110 m-hekkies en 200 m) en Eric Sherman (800 m).

Die ander lede van die A-span was: Junior Masilela, Ruben Barkhuizen, Ruben Heuer, Kyle Grobler, Waldo Craucamp en Christie le Roux.

TERUG NA BO