
Nie minder nie as nege-en-twintig rugbyspelers van Affies is ingesluit in die onderskeie spanne van die Blou Bulle Hoërskole Rugbyverening wat gedurende die eerskomende Julie-vakansie aan die onderskeie nasionale toernooie sal deelneem.
Die vlagskipspan, naamlik die span vir die Cravenweek wat vanjaar by Kearsney College plaasvind, bevat 9 Affies, terwyl 5 in die onder 16 Grant Khomo-span ingesluit is.
Die volledige lys is soos volg:
Cravenweek: Cabous Eloff, Schalk Erasmus, Henk Pretorius, Regardt du Plessis, Phillip Krause, Ruan de Swardt, Louritz van der Schyff, Marnus Potgieter en Arno van Wyk.
Akademiespan: Jaco Labuschange, Jack Hart, Sean Tshungu, Christiaan Strydom
NWU-Noordvaal: Dylan du Preez, Charles Goedhals
Grant Khomo: Dewald Donald, Landi Mhlangu, Regardt Roets, Janco Uys, Steyn van der Spuy
Onder 16B Noordvaal: Lian Taljard, David Jabosz, Armand du Plessis, Jason Scheepers, Stephin Alberts, Eric Sherman, Heinrich Bisschoff, Robin Brooks
Onder 16C Noordvaal: Zander Schmidt