
Die Beheerliggaam van die Afrikaanse Hoër Seunskool nooi u vriendelik uit na die algemene jaarvergadering wat op Maandag 7 Oktober, om 18:30 in die skoolsaal sal plaasvind.
Tydens hierdie algemene jaarvergadering sal –
- die Hoof en die Voorsitter van die Beheerliggaam ‘n verslag oor die skool vir die afgelope jaar voorlê,
- die nuutste geouditeerde finansiële state beskikbaar gestel word,
- die begroting vir 2020 voorgelê word en
- enige saak met betrekking tot die skool bespreek word.
Indien u die finansiële state vóór die vergadering wil bestudeer, kan u by me. Louisa Koen navraag doen.
Kies die volgende skakel om u bywoning te bevestig al dan nie.
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSf5_woVMZCwY_6o5Y4xG5UlEqIZnQ-IvKnZ0yVKZHiAfBReQA/viewform