
Die ATKV het Affies se gemeenskapsprojek, die 360-projek, verlede week beloon as wenners van die ATKV-Hande-vat-toekenning.
Laerskoolkinders van die Laerskool Generaal Nicolaas Smit word daagliks ‘n bord kos gegee danksy dié projek.
Affies en hul ouers dra geld by wat vir dié projek aangewend word.
Die ATKV het aan Affies en Generaal Nicolaas Smit elk R30 000 gegee as prysgeld. Hierdie geld sal ook aangewend word vir die voedingskema.
Affies wil sy ouergemeenskap van harte bedank vir hul volgehoue steun aan die projek.
Rapport het gister ‘n berig geplaas oor die projek (bo-aan bladsy).
Dit kan by die volgende skakel gelees word:
https://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/affies-gee-elke-dag-365-kinders-kos-20180224