Atlete en swemmers wen weer!

27 Feb 2020

Die swem- en atletiekspanne se droomseisoene het geen einde nie! Gister het hulle ons opnuut trots gemaak!

Die atlete by Ruimsig het ook die titel as Super 16-wenners agter hul naam geskryf. Dit volg op hul oorwinning verlede Vrydag in die Pretoria A-Bond Interhoër. Vroeër vanjaar het hulle ook koning gekraai by die Tuks Top 10 en die Twizza Superskole nasionale eindstryd.

Daar kan nou onteenseglik gesê word dat Affies kan spog met die top atletiekspan in Suid-Afrika.

Gister het die span 402 punte bymekaargemaak, vergeleke met Helpmekaar se 354 en Monument se 317.

Die swemspan het gister by St Benedict’s ook die Jhannesburgse Interhoër gewen. Dit volg op hul sege in die Pretoria A-liga Interhoër. ‘n VOlledige verslag is hieronder beskikbaar.

  • Jhb Interhoër

    JHBInterhoer-2020.pdf (121kb)


Affies is met reg trots op hierdie spanne!

TERUG NA BO