Atletiek kraai koning!

23 Feb 2018

Affies se atletiekspan het vandag (Vrydag) ‘n oortuigende oorwinning behaal in die seunsafdeling van die A-Bond Interhoër wat op Pilditch plaasgevind het.

Affies het 1371 punte behaal. met Menlopark tweede met 1188.  Prestige College was derde met 1132.

Om alles te kroon is die span ook aangewys as die wenners in die middelafstande, hekkies, naellope en aflosse.

TERUG NA BO